Ritz in Parys vind juweel in stofsuiersak

’n Gas by die Ritz in Parys wat hotelpersoneel daarvan verdink het dat hulle ’n diamantring van byna £637 000 gesteel het, gaan nou terug na Frankryk om met haar juweliersware herenig te word.

Volgens Le Parisien het ‘n Maleisiese gas  ‘n klagte by die polisie ingedien en beweer dat die ring uit haar kamer verdwyn het.

The Ritz wou nie besonderhede oor die ring of die eienaar bekend maak nie, maar het gesê die ring is Sondag gevind.

 “Danksy noukeurige soektogte deur sekuriteitsagente by die Ritz Paris, is die ring vanoggend in ’n stofsuiersak gevind,” het die hotel in ’n verklaring gesê.

Foto: Verskaf