Minister besoek Tafelberg-nasionale park na brande

Die Suid-Afrikaanse minister van Bosbou, Vissery en die Omgewing, Barbara Creecy, besoek vandag die Tafelberg-nasionale park ná die veldbrand wat eiendom beskadig het en ‘n gebied van meer as 600-hektaar en ryk aan biodiversiteit, vernietig het. Creecy sal eerstehands sien wat die impak van die brand op gemeenskappe rondom die nasionale park in Kaapstad was. Sy sal ook met die owerhede en brandbestryders beraadslaag oor die pad vorentoe. Newlands Forest, die gebied rondom die Rhodes Gedenkteken, Deer-park en die noordelike gedeelte van die park in die stadskom is steeds vir veiligheidsredes gesluit.