Minimumloon vir sekuriteitsektor onder die loep
Die Sekuriteitsvereniging van Namibië, San, sal môre van 9-uur tot 12-uur op die Unam-hoofkampus ‘n konsultasie-vergadering oor ‘n minimumloon vir die sekuriteitsektor aanbied. Die byeenkoms het ten doel om dialoog tussen die vereniging se lede, nie-lede, eindverbruikers en sleutelbelanghebbendes te bevorder, om kritieke kwessies rondom die voortgesette onderhandelinge met die Namibië Veiligheidsarbeidsforum aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het met Celeste Mhunduru, die woordvoerder van San, gepraat oor die belangrikheid van die vergadering.