Minimumloon moet ingefaseer word
Die nuwe voorgestelde minimumloon moet in fases geïmplementeer word. Dit is die mening van die oud-sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging Tim Parkhouse. Sy kommentaar kom na die aankondiging deur die arbeidsminister Utoni Nujoma wat sê 18 Namibiese dollar per uur is voorgestel. Volgens Nujoma wil hy die finale besprekings en kabinetsgoedkeuring dringend voltooi om teen die eerste kwartaal van volgende jaar die loon te implementeer. Hy sê vakbonde sal dan beter lone vir hul lede kan beding omdat die 18 dollar as minimumloon ingestel sal word. Parkhouse sê onmiddellike implementering sal inflasie vererger.