Minimumloon-kommissie hervat sessies

Die Namibiese ministerie van arbeid en werkskepping het vroeër vanjaar die loonkommissie op die been gebring. Die doel van die kommissie is om openbare verhore te hou in ‘n poging om die ministerie te help om die kwessie van minimum lone aan te spreek. Na ‘n paar verhore is die openbare verhore uitgestel weens die huidige Covid-19-regulasies. Dr Marius Kudumo, voorsitter van die loonkommissie by die ministerie, het Kosmos 94.1 Nuus ingelig dat verhore nou weer beplan word.