Minder padongelukke oor Paasnaweek

Minder ongelukke en beserings het tydens Paasnaweek op Namibiese paaie plaasgevind as verlede jaar, maar ses padsterftes is aangemeld teenoor verlede jaar se drie slagoffers. Volgens die Namibiese polisie is 2 102 boetes ter waarde van byna twee miljoen Namibiese dollar uitgereik. Altesaam 81 bestuurder is vir dronkbestuur getoets en 13 is onder die invloed van alkohol in hegtenis geneem. Die hoof van Nampol se verkeersafdeling, adjunk-kommissaris Petrus Swartz, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die ongeluksyfers.