Esau getuig oor sy swak gesondheid

Die voormalige minister van visserye en een van die Fishrot-beskuldigdes, Bernhardt Esau, het vandag vir sy borgtogaansoek voor regter David Munsu in die Windhoekse hoërhof verskyn. Esau is tydens kruisondervraging oor sy gesondheidstoestand uitgevra, wat een van sy hoofredes is om vir borgtog aansoek te doen. Esau het aan die hof gesê hy drink tot 18 pille per dag.