Minder dooie wilde voëls in Wes-Kaap tydens voëlgriep-epidemie

Die Wes-Kaapse regering is optimisties om die voëlgriep-epidemie onder wilde voëls in bedwang te bring. Die aantal dooie voëls is nog gemiddeld 400 per dag, maar dis amper die helfte van die 700 per dag wat ‘n paar weke gelede aangemeld is. Dyer-eiland naby Gansbaai is steeds die gebied wat die ergste geraak word. Getalle is egter ook daar aan die afneem en is nou sowat 250 dooie voëls per dag, tennoor 500 ‘n paar weke gelede. Die woordvoerder van die Wes-Kaapse LUR vir omgewingsake, James-Brent Styan…