Min vertroue in staatsbank in SA
Vertroue in die goedkeuring van ‘n nuwe bank in staatsbesit in Suid-Afrika neem af, wat bevoordeeldes laat skuif na handelsbanke. President Cyril Ramaphosa het onlangs die Posbank-wysigingswet bekragtig, wat die instel van ‘n Bankbeheermaatskappy moontlik maak. Onlangse probleme by die Posbank, wat vertragings met die uitbetaling van Sassa-toelae insluit, het egter uitgeloop op ‘n afname van 1,8 milljoen begunstigdes met rekenings by die Posbank van Oktober 2022 tot Oktober 2023. Daarteenoor was daar ‘n toename in die aantal toelae-rekeninghouers by Capitec, Nedbank en ENB.