Min enstof in Gauteng vermors

Die DA in Gauteng sê ‘n bietjie goeie nuus in hierdie donker tyd is dat slegs 499 van die 420 000 dosisse Covid-19-entstof in Gauteng teen einde verlede maand vermors of bederf is. Die LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het hierdie in ‘n skriftelike antwoord op vrae in die wetgewer bevestig. Die DA-lid Jack Bloom sê volgens Mokgethi kom vermorsing van entstof meestal voor as gevolg van mense wat bloot instap en nie geskeduleer is, of vir inenting geregistreer is nie.