Miller voer Proteas aan in Dehli

‘n Nat buiteveld het die begin van die derde en beslissende eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië in Delhi vertraag. Die witbalkaptein, Temba Bavuma, en die draaibouler Tabraiz Shamsi voel beter, maar is steeds nie oorweeg nie, terwyl Keshav Maharaj nie lekker gevoel het toe hy opstaan nie en ook nie vir vandag se wedstryd beskikbaar is nie. David Miller voer die Proteas die eerste keer aan en Marco Jansen, Andile Pehlukwayo en Lungi Ngidi is ook deel van die span. Indië het die loot gewen en Suid-Afrika ingestuur om te kolf.