Miller het fouteer meen Swartbooi

Die dringende aansoek deur die LPM-party om weer toegang tot die Nasionale Vergadering te verkry is vroeë van die hand gewys deur Regter Kobus Miller, met koste. Die leier van die party Bernadus Swartbooi het kort na die beslissing ‘n perskonferensie gehou en sê Miller se beslissing is swak en hy vermy die werklike kwessies.