14 vas in Rundu vir betoging

Veertien mense is op Rundu in hegtenis geneem na hulle onwettig ‘n protesaksie by die dorp se polisiestasie gehou het. Die groep is volgens berigte van Tumweneni, ‘n nuwe informele nedersetting op die dorp. Volgens owerhede is 5 vas vir geweld en die aanranding van beamptes. Die groep het na bewering opgeruk na die polisiestasie toe en verskeie persone van diefstal beskuldig en daarom is nog 9 mense gearresteer nadat hulle die huise van die vermeende diewe vernietig het. Die lede van die gemeenskap het aan nuusagentskappe gesê die diewe terroriseer inwoners van die nedersetting en al word hulle gearresteer, kry hulle borg en dan steel hulle weer. Die groep sal na verwagting in die landdroshof op die dorp verskyn.