Miljoene vir oortyd by Mbombela

Die Vryheidsfront Plus in Mpumalanga sê die Mbombela-plaaslike owerheid betaal maandeliks sowat 14 miljoen Suid-Afrikaanse rand uit aan oortyd. Die party blameer wanbestuur deur departementshoofde hiervoor. Freddy Robertson van die VF-Plus sê verskeie werknemers eis ook meer oortyd as wat ingevolge die Wet op Basiese Indiensnemingsvoorwaardes toegelaat word. Robertson sê verder die munisipaliteit se gebrek aan beplanning en beheer oor waterbronne speel ‘n groot rol in die waterkrisis: