Miljarde vir Britse weermag

Die Britse premier Rishi Sunak het aangekondig dat daar 5 miljard Britse pond op die land se verdediging bestee sal word. Hy voeg by dat voortaan, sal 2,5 persent van die land se BBP op verdediging bestee word. Die Britse weermag is volgens onlangse berigte uiters kwesbaar, veral na verskeie skenkings aan die Oekraïne. Sunak sê die wêreld raak al hoe meer onvoorspelbaar.