Miljarde nodig om Jozi se water-infrastruktuur te herstel  

Johannesburg Water sê ongeveer 120 miljard Suid-Afrikaanse rand word benodig om die water-infrastruktuur in die stad te herstel. Die bestuurder vir innovering en tegnologie by Johannesburg Water, Zakhele Khuzwayo, het gesê watertoevoer-onderbrekings is hoofsaaklik te wyte aan ‘n gebrek aan behoorlike instandhouding van die kwesbare infrastruktuur.