Mike Schussler kom gesels oor die Covid-ekonomie

High Economic Intelligence gaan op 1 Desember gasheer speel vir die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Mike Schussler, die stigter van ‘n privaat ekonomiese navorsingshuis, Economists dot coza in 2005. Die tema van Schussler se praatjie is “Covid Economy and Environmental Sustainability”. Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence sê Schussler se praatjie oor ekonomiese vooruitsigte en alternatiewe energie gaan baie interessant wees.