Mike Pence begin sy veldtog vir ’24

Die gewese Amerikaanse visepresident Mike Pence het dokumente by die federale verkiesingskommissie ingedien om sy 2024-veldtog vir die Withuis van stapel te stuur. Hy sluit aan by ‘n toenemende aantal Republikeinse kandidate. Dit sluit oudpresident Donald Trump in onder wie Pence van 2017 tot 2021 as visepresident gedien het, die goewerneur van Florida, Ron DeSantis, en die senator van Suid-Carolina, Tim Scott. Pence sal na verwagting sy veldtog môre met ‘n toespraak in Iowa afskop. Trump is volgens die meeste meningspeilings tans die voorste Republikeinse kandidaat.