Mielieoes sal kleiner wees as verlede jaar

Met die swak en sporadiese reënseisoen in mielieproduksie-gebiede in Namibië, word nie ‘n groot oes verwag nie. Volgens data van die Akkerbouraad sal verlede jaar se oes beslis vanjaar s’n oorskry met wit mielies wat op sowat 85 000 ton vanjaar beraam word. Na verwagting sal 80 persent van wit mielies vanjaar uit besproeiingsgebiede kom. Die hoofbestuurder van die raad, Gilbert Mulonda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…