Mielie-oes van 80 ton voorspel

Namibië gaan ‘n baie goeie mielie-oes hê, selfs meer as 80 ton, voorspel die Uitvoerende Hoof van Namib Mills, Ian Collard. Hy sê die oes gaan wel bietjie laat inkom, omdat boere laat geplant het. Volgens Collard kom die meeste mielies vanaf die Ooste uit die omgewings van Summerdown, Hochfeld en Gobabis. Hy voorspel ‘n probleem met stoorspasie, maar mielies van Namib Mills sal by Otavi ingeneem word. Collard voorspel Namibië behoort tot in behoort tot Okotober aan ons eie mieliebehoeftes te voorsien. Collard gesels met Kosmos Nuus 94.1.