Midde-Ooste: Konflik veroorsaak verdeeldheid in SA

Die GOOD Party sê die konflik in die Midde-Ooste het ernstige verdeeldheid tussen Suid-Afrikaners veroorsaak. Die party veroordeel verlede week se aanval op Communicare se hoof, Anthea Houston. Sy was deel van ʼn groep wat volgens berigte vreedsaam teen die dood van Palestyne in Gaza betoog het toe ʼn deelnemer aan die Kaapstad Marathon haar aangerand het. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê hulle vra dat ʼn skietstaking onmiddellik ingestel en die geweld tussen Israel en Hamas afgeskaal word: