Midde-Ooste: Beskerming van burgerlikes moet prioriteit wees

Die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Menseregte, Volker Türk, het sy kommer uitgespreek oor die gevaar dat konflik in die Midde-Ooste kan uitbrei. Iran het beloof om wraak te neem op Israel na die sluipmoord verlede week in Teheran op die Hamas-leier, Ismail Haniyeh. Teheran en Hamas beskuldig Israel van die sluipmoord, maar Israel het nog nie betrokkenheid erken of ontken nie. Die VN-menseregte se woordvoerder, Jeremy Laurence, sê burgerlikes se beskerming moet die hoofprioriteit wees: