MICT nie korrek oor SIM-registrasie bepalings nie

Namibia Fact Check het kommer uitgespreek oor die akkuraatheid van verklarings wat deur die inligtingsministerie gemaak is oor die verpligte registrasie van SIM-kaarte. Die inligtingsminister, Peya Mushelenga, sê dat SIM-kaartregistrasie vereis word deur die Internasionale Telekommunikasie-unie, ‘n Verenigde Nasies-agentskap. Frederico Links, die hoofnavorser by Namibia Fact Check, voer egter aan dat dit misleidend is om SIM-kaartregistrasie ‘n “vereiste” van die unie te noem. Kosmos 94.1 Nuus het met Links oor die kwessie, sowel as biometriese data insameling gepraat.