Microsoft raak van Internet Explorer ontslae

Microsoft raak ná 25 jaar van sy Internet Explorer ontslae. Microsoft sê sy nuwe, moderne Microsoft Edge is nie net vinniger nie, maar ook veiliger. Professor Basie von Solms van die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Kubersekuriteit gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.