Mickelson vra om verskoning vir superliga aanmerkings

Die sesmalige major-kampioen Phil Mickelson het verskoning gevra vir, soos hy dit beskryf, sy roekelose opmerkings oor die voorgestelde superliga wat deur Saoedi-Arabië ondersteun word. Die 51-jarige Amerikaner het gesê die liga sal spelers invloed gee om die PGA-toernooi te verander. KPMG, wat sedert 2008 saam met Mickelson gewerk het, het sy borgskap aan hom onttrek. Hy sê sy optrede regdeur die proses was altyd in die sport se beste belang. Mickelson sê hy vat ‘n blaaskans van die sport omdat hy ná ‘n lang loopbaan in die kollig geestelik swaarkry.