Michelangelo skets gaan onder die hamer…

’n Skets deur Michelangelo, wat in 2019 ontdek is, sal volgende maand deur Christie’s te koop aangebied word en kan tot 33 miljoen Amerikaanse dollar haal. Die skets, een van die min werke van die Renaissance Italiaanse kunstenaar in private hande, is in 1907 in Parys verkoop. Dit is vermoedelik een van die kunstenaar se vroeë werke, van ongeveer die einde van die 15de eeu. Die skets is van ‘n bewende man. Daar is volgens berigte groot opgewondenheid oor die veiling.