Mianmar se weermag is skuldig aan volksmoord

Amerika se minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê sy land het bevind die Mianmar-weermag se geweld in 2016 en 2017 teen die Rohingya-minderheid, kom neer op volksmoord en misdaad teen die mensdom. Meer as 700 000 Moslems in Rohingya het sedert Oktober 2016 van Mianmar met sy Boeddhistiese meerderheid na vlugtelingkampe in Bangladesj uitgewyk. Amerikaanse ondersoekers het met meer as ‘n duisend Rohingya-vlugtelinge gepraat wat in Bangladesj woon. Blinken sê ‘n driekwart van dié met wie onderhoude gevoer is, sê hulle het persoonlik gesien hoe weermaglede iemand doodmaak: