Miami-dodetal styg tot 86

In Amerika het die dodetal in die woonstelblok in Florida wat ineengestort het, tot 86 gestyg terwyl opruimingswerk weens weerlig vir ‘n kort rukke onderbreek is. Media berig soekspanne kon liggame van slagoffers nou vinniger opspoor nadat ‘n deel van die gebou wat nog staande was, gesloop kon word en nie meer ‘n bedreiging van ineenstorting ingehou het nie. Altesaam 211 mense word steeds vermis terwyl nog 43 mense ook moontlik steeds vermis is. Die tragedie het op die 24ste van verlede maand plaasgevind.