Metcalfe gesels oor die jongste in verband met ivermektien eis

Verlede maand het ‘n groep van 167 Namibiërs, 90 professionele mense in die gesondheidsbedryf, ‘n brief aan die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, deur hul regsfirma, Metcalfe Beukes, gestuur waar vir ‘n dringende aansoek vir die registrasie van ivermektien as medikasie teen Covid-19 gedoen word. Regsgeleerde Richard Metcalfe van die regsfirma praat met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste.