Met my hand op my hart – Boris getuig oor Partygate

Die voormalige Britse premier Boris Johnson het toegegee dat hy die parlement mislei het oor partytjies by Downingstraat 10 tydens die Covid-19 pandemie, maar sê hy het dit nie opsetlik of roekeloos gedoen nie. Hy het voor ‘n ondersoek-komitee, wat moet bepaal of hy aspris gelieg het of nie, getuig en sê hand op sy hart, hy was so eerlik as wat hy kon wees.