Met 13,1 persent bronne, sê Gbs-dorpsraad daar is nie ‘n waterkrisis nie

Gobabis blyk om in die knyp te wees met watervoorsiening. Die Otjivero-dam het tans 19,3 persent water en die totale bronne vir Gobabis is tans op 13,1 persent. Tot op hede het damme nie werklik water ingeneem nie en daar is ook kommer oor die sentrale gebied. Maar, volgens die skakelbeampte van die dorpsraad, Frederick Ueitele, is daar geen waterkrisis nie, met gebarste pype.