Afrika sal N$1,2 miljard jaarliks in lenings benodig om genoeg kos te verbou

Die Afrika Ontwikkelingsbank sê boere in Afrika sal jaarliks ongeveer 1,2 miljard Namibiese dollar se lenings benodig om genoeg kos te produseer en invoere te staak. Hoë inflasie en stygings in voedselpryse het bygedra tot Afrika se afhanklikheid aan invoer van landbou-insette. Afrika voer tans ongeveer 100 miljoen ton graan in. Die oorlog tussen Rusland en Oekraïne het gelei tot ‘n tekort van minstens 30 miljoen ton voedsel, veral koring en mielies. Die bank sê die haglike situasie kan teen 2030 verander deur nuwe beleggings en die uitskakeling van rompslomp wat landbou-ontwikkeling belemmer.