Messi speel nie, Hongkongse ondersteuners eis geld terug

Sokker: Inter Miami se bestuurder Gerardo Martino, sê daar was te veel op die spel om ‘n beseerde Lionel Messi te laat speel in gister se voor-seisoense vriendskaplike wedstryd teen ‘n Hongkongse Elftal. Woedende ondersteuners het hulle uitgejou nadat dit duidelik geword het die kaptein van 2022 se Wêreldbeker-kampioenspan, Argentinië, gaan nie opdraf nie en het ‘n terugbetaling geëis. Die Hongkongse regering sê Messi was gekontrakteer om minstens 45 minute te speel, maar Martino sê hoewel hulle begryp die toeskouers is teleurgesteld, het die mediese span besluit om nie te waag met Messi nie.