Messi kry standbeeld land Maradona, Pelé

Argentinië se kaptein, Lionel Messi, is vereer met ʼn lewensgrootte standbeeld wat ʼn replika van die Wêreldbeker vashou, by die hoofkwartier van die Suid-Amerikaanse beheerliggaam, Commebol, in Luque, Paraguay. Messi word vereer omdat hy sy land in Desember in Katar tot hulle eerste Wêreldbeker-titel in 36 jaar aangevoer het. Die standbeeld staan langs dié van ander grotes, naamlik Diego Maradona en Pelé, in die vereniging se museum. Die Argentynse beheerliggaam het ook die nasionale span se oefenterrein na Messi vernoem.