Regter beslis Pence moet voor Januarie 6-ondersoek getuig

‘n Federale regter het beslis dat die voormalige Amerikaanse vise-president Mike Pence moet getuig in verband met die ondersoek na die gebeure op 6 Januarie. Pence het dit probeer vermy en meen daar is konfidensiële klousules wat nie bekend gemaak kan word nie maar, die regter het beslis dat hy nie enigsins hoef te getuig oor wat gebeur het in sy amp as president van die senaat nie. Pence was besig om President Joe Biden se verkiesing te bekragtig en moes die veiligheidsreaksie ook vanaf die kongres koördineer, in die ondergrondse parkering. Die Trump-ondersteuners wou hom hang. Hy het in November met Jake Tapper van CNN gesels oor daardie dag.