Merkel wen WGO-leierskapstoekenning

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het die Wêreldgesondheidsorganisasie se Wêreldwye Leierskapstoekenning ontvang uit erkenning vir haar voortreflike bydra tot wêreldwye gesondheid. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê gesondheid was ‘n deurlopende tema in haar ampstermyn, wat strek van die G8-spitsberaad in 2007 tot by haar toespraak by die Wêreld-gesondheidsvergadering en haar leierskap tydens die Covid-19-pandemie. Hy sê Merkel se nalatenskap is onlosmaakbaar deel van die lewens van mense wat danksy haar bydrae, gesonder kan leef.