Merkel maak gereed om te groet

Die vrou wat eens as die leier van die vrye wêreld beskryf is, die Duitse kanselier Angela Merkel, maak gereed om ná ‘n geskiedkundige 16 jaar die leisels te oorhandig. Die 67-jarige Merkel is ook die ewige kanselier genoem omdat sy die pos so lank beklee het. Waarnemers sê sy is nog steeds so gewild dat sy heel moontlik ‘n vyfde termyn sou kon aanbly as sy wou. Merkel is egter die eerste Duitse kanselier wat uit eie keuse uittree.