Mercedes bevestig Lewis sê koebaai

Mercedes het bevestig die sewemalige Formule Een-kampioen, Lewis Hamilton, sal die span aan die einde van die seisoen verlaat om by Ferrari aan te sluit. Hy het die vrystellingsopsie gebruik wat deel was van die kontrak wat hy verlede Augustus onderteken het. Die Brit het sedert die 2013-seisoen vir die Silver Arrows gejaag en ses van sy sewe wêreldtitels saam met die span gewen. Hamilton sê sy besluit om weg te gaan was een van die moeilikste, maar die tyd is reg om ʼn nuwe uitdaging aan te pak. Hy sluit volgende seisoen met ʼn veeljarige kontrak by Ferrari aan.