Menslike Papiloomvirus-inentingsveldtog skop vandag af

Die Gautengse departement van gesondheid gaan begin met die tweede deel van die Menslike Papiloomvirus-inentingsveldtog. Die veldtog vind vanaf vandag tot 31 Oktober plaas in alle openbare spesiale en laerskole. Die MPV-entstof voorkom besmetting en beskerm meisies teen die virus wat later servikale kanker kan veroorsaak. Motalatale Modiba van die departement sê leerders van 12 jaar en ouer mag self toestemming gee, maar ouer-betrokkenheid word altyd aangemoedig.