Menseregtekommissie teleurgesteld oor xenofobiese video

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het sy teleurstelling uitgespreek oor ‘n xenofobiese video wat op sosiale media te sien is, waarin ‘n persoon sê buitelanders sal nie toegelaat word om hul spazawinkels in Soweto, Gauteng, oop te maak of te bestuur nie. Die persoon blameer ook buitelandse sake-eienaars omdat hulle nie die wette in die land gehoorsaam nie. Die kommissie is bekommerd die video veroorsaak, veral in Soweto, aanhitsing om skade aan buitelanders, hul eiendom en besighede te berokken, wat dan kan oorspoel na ander gemeenskappe.