Menseregte moet elke dag uitgeleef word – Walters

Menseregtedag word op 10 Desember regoor die wêreld gevier na die Verenigde Nasies die Universele Verklaring van Menseregte in 1948 op die dag aanvaar het. In Namibië is die dag ook uiters belangrik omdat die sogenaamde Ou Lokasie-verskuiwings op 10 Desember 1959 plaasgevind het. Swart gemeenskappe in die gebied waar Hochlandpark en Pionierspark nou is, is gedwing om na Katutura toe te trek om dié swart woonbuurt te stig. Elf mense is deur die polisie doodgeskiet en 44 beseer. Die voormalige ombudsman, advokaat John Walters sê die dag sal niks beteken as menseregte nie elke dag uitgeleef word nie.