Mense ontruim, brandbestryder verdrink in vloede in Duitsland

‘n Brandweerman in Duitsland het verdrink en die land se weermag is ontplooi om gestrande inwoners te help nadat die ergste reën in 25-jaar tot oorstromings in die weste van die land gelei het. Nog twee mense word vermis. Internasionale media berig die storm het spoor-, pad- en riviervervoer in die stad Hagein in Duitsland se digsbevolkte streek ontwrig. Die stad het ‘n noodtoestand afgekondig nadat die Volmerivier sy oewers oorstroom het. Die stad se noodspanne het mense naby riviere gewaarsku om onmiddellik na hoër grond te verskuif.