Mense is arm, ‘daarom neem wild-en veestropery toe’

Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die toenemende stropery in die land, veral van wild. Volgens Spangenberg het renostertropery afgeneem in die Erongostreek omdat meeste van die sindikate al gevang is. Hy sê egter stropery van ander wild neem steeds toe, en so ook die stroop van vee. Hy is van mening dat in die huidige ekonomiese klimaat, met min werk en min geld in die land, dit net sal toeneem.