Saftu sê minimumloonverhoging skiet steeds tekort

Die Suid-Afrikaanse vakbond-federasie Saftu dring aan die onlangs aangekondigde Nasionale Minimumloonverhoging van 25-Suid-Afrikaanse rand-42-sent tot 27-rand-58 sent per uur is steeds te min min vir werkers en hulle gesinne om ‘n ordentlike lewenstandaard te handhaaf. Hoewel dit bo inflasie is, ag die federasie die loonverhoging onvoldoende om in basiese behoeftes te voorsien. Trevor Shaku van Saftu sê die maandelikse loon van ongeveer 4-duisend-633-rand kan nie noodsaaklikhede, insluitend kos, huur en vervoer, dek nie. Shaku herhaal Saftu se langdurige eis vir ‘n minimumloon van 72-rand per uur: