Mens-dier konflik sal begin toeneem

Met die uiters kommerwekkende Plantegroeitoestand-indeks wat deur Namibia Rangelands saamgestel is, is daar kommer oor toenemende gevalle van mens-dier konflik wat reeds ‘n reuse-probleem vir talle boere in die land is. Amper die hele Namibië het swak tot uiters swak weiding en met min reën wat voorspel word, sal toestande vir boere regoor die land uiters uitdagend raak. Professor Morgan Hauptfleisch, die hoof van die Biodiversiteit Navorsingseenheid by Nust sê kos en water tekorte sal die probleme aanvuur.