Mej. SA gaan nie Mej. Heelal bywoon nie – dis in Israel

Die ANC het die buurland se regering se besluit verwelkom om sy steun vir Mejuffrou Suid-Afrika se deelname aan die Mejuffrou Heelal-kompetisie volgende maand in Israel te onttrek. Dit volg ná negatiewe reaksie op die geleentheid wat in Israel aangebied word. Die ANC sê die rassisme, menseregteskendings, onwettige nedersettings, voortdurende onwettige besetting en die apartheidswette van Israel is goed gedokumenteer en behoort genoeg rede te wees vir die Mejuffrou Suid-Afrika-organiseerders om aan die kompetisie te onttrek. Die party sê dit is die organiseerders se verantwoordelikheid om die Mejuffrou Heelal-kompetisie te boikot.