Mej. Namibië wys haar asemrowende nasionale kostuum

Mej. Namibië Chelsi Shikongo se asemrowende nasionale kostuum is bekend gestel waarmee sy die land by die Mej. Heelal-kompetisie op 12 Desember in Israel gaan verteenwoordig. Die kostuum genaamd ‘Child of Salt and Soil’, wys Shikongo se patriotisme aan haar tuisdorp Walvisbaai wat ‘n ode aan die pienk soutpanne en flaminke is. Die kostuum is deur ses persone ontwerp en het meer as 150 ure geneem om te maak. Die ontwerpers is The Snow White Project, Bettina Thomas, Anna Ward Shilongo, Synedgy en Jolene Visser. Connie Maritz, nasionale direkteur van Mej. Namibië, moedig Namibiërs aan om vir Shikongo te gaan stem.