Mej. Namibië nou in volksbesit

Die Namibiese uitsaaier NBC het volle beheer oorgeneem van die Miss Namibia Beauty Pageant-organisasie. Umbi Karuaihe-Upi is as die nuwe hoof uitvoerende beampte aangewys en het reeds ‘n skenking van 2,5 miljoen Namibiese dollar van Debmarine ontvang. Die skoonheidskompetisie is nou ‘n nuwe filiaal van NBC. Karuaihe-Upi sê wat belangrik is, is dat Mej. Namibië nou ten volle in openbare besit is.