Mej. Namibië is Cassia Sharpley

Cassia Sharpley is gisteraand as Mej. Namibië in die hoofstad gekroon. Sy neem oor by Chelsi Shikongo. Sharpley se eerste prinses is Leoné van Jaarsveld met Diana Andimba as tweede prinses. Die geleentheid is by die Buitekluboord in die hoofstad gehou.