Meisie, 13, word van moord aangekla

‘n 13-jarige meisie, wat daarvan verdink word dat sy haar 11-maande oue nefie verdrink het, is deur owerhede in die sorg van haar oom vrygelaat. Die polisie se Woordvoerder Inspekteur Thomas Aiyambo sê sy staar ‘n klag van moord in die gesig. Na wat beweer word het sy die kindjie by die boom waar hy gespeel het gaan haal en in ‘n emmer vol water geplaas en gelos om te verdrink. Sy het toe die kleintjie se ma, wat besig was met wasgoed, gaan help. Bronne het aan plaaslike media gesê ‘n moontlike motief kan wees dat die kleintjie se ma die kind nie goed behandel nie.